Om die melktertvulsel te maak; Kook die melk in 'n kastrol, voeg die botter by en verhit tot kookpunt.
Gooi die suiker by en roer tot dit gesmelt is.
Gooi die mielieblom wat aangemaak is met bietjie water, sout en vaniljegeursel by, en prut vir 5 minute.
Roer deurgans dat dit nie brand of klonte maak nie. Die melktertvulsel moenie te lank staan nie, anders begin dit stol.
Vul die pannekoek: Skep van die vulsel op die kant van die pannekoek en rol dit op.
GENIET, ABSOLUUT HEERLIK!