Stroop
Plaas die suiker, melk, botter en kakao in ’n kastrol op medium hitte.
Verhit terwyl jy roer, totdat die botter gesmelt en die mengsel glad is.
Bring tot rollende kook. Sodra die hele mengsel borrel, kook vir ongeveer 2 minute terwyl jy af en toe roer. Die sous moet glad, blink en effens verdik wees, maar steeds maklik gietbaar.
Haal heeltemal van die hitte af en roer die en sout en vanieljegeursel by.
Droë Bestandele
Meng die droë saam in ’n aparte bak
Voeg ¾ by en meng goed. Voeg dan die res geleidelik by totdat die regte tekstuur bereik is. Gebruik alles indien die mengsel dit kan vat.
Die warm mengsel moet klam en blink wees en maklik aanmekaar kleef. Dit is beter dat dit aanvanklik effens te nat lyk as te droog — dit verdik soos dit afkoel en die hawermout absorbeer nog vog.
Laat staan vir 1 of 2 minute. As dit nog baie nat is, voeg ’n bietjie van die oorblywende hawermoutmengsel by. As dit reeds droog of krummelrig raak meng 1 eetlepel warm melk op n slag by.
Skep lepelsvol op bakpapier .
Laat heeltemal by kamertemperatuur afkoel en stol.
Moenie die sjokoladesous vir 5 minute kook soos in die oorspronklike resep nie. ’n Korter kooktyd van ongeveer help dat die koekies stol sonder om droog en krummelrig te word.