Braai uie, kerrie en borrie in bietjie olie tot sag.
Voeg appelkooskonfyt, bladjang en maalvleis by en roerbraai tot vleis net af is van pienk.
Voeg jou sout, beesstert ekstrak, tamatiesmoor, aartappels en groente by.
Laat prut tot alles sag en gaar is.
Maak pakkie beesstertsop aan met bietjie water en voeg by.
Laat prut tot dik.
Indien nodig, verdik met die blokkie weetbix wat jy inkrummel.
Bedien met rys, bladjang en piesang.
