Klits die eiers en water deeglik saam.
Voeg die olie, asyn en sout by en klits weer goed saam.
Voeg meel by en klits weer.
Voeg laaste bakpoeier saam en klits weer.
Maak jou pan warm met ‘n klein bietjie olie.
Dreineer die olie en begin bak.
Bak totdat jou beslag klaar is.
Geniet dit met die vulsel van jou keuse.
